Prins Charles het die bynaam gister verklap toe hy by die Whitstable-oesterfees in Kent in die suidooste van Engeland gelukgewens is. Hy het vertel die week oue baba is “baie lawaaierig”, maar bygevoeg hy is “baie in sy noppies” met sy eerste kleinkind.

Hy het aan besoekers gesê: “Hy sal eersdaags as Georgie bekendstaan.”

Charles, wie se oupa koning George VI was, het ook die “wonderlike” naam se lof besing aan ’n lid van die publiek gesê: “George – ’n baie goeie naam.”

Die prins van Wallis (64) het besonder ingenome gelyk om vir die eerste keer oupa te word en het selfs ’n grappie oor sy nuwe verantwoordelikhede gemaak.

Hy het aan die 66-jarige Lynda Robinson gesê: “O, hier gaan ons. Is dit die grootouer-afdeling? Wel, ek veronderstel dis waar ek nou moet staan.”

Charles se vrou, Camilla (66), het hom vergesel en die egpaar is toegegooi onder geskenke vir George, insluitende ’n rooi speelgoeddraak wat Wallis simboliseer, om die familie se verbinding met die land te toon. Die egpaar het ook ’n klein T-hemp vir die kleinding ontvang.