WAARSKUWING: HIERDIE BERIG BEVAT GRAFIESE FOTO'S

oumamain

“Sy het haarself gebyt,” het een van die verpleegsters by Huis Ravenzicht in Kraaifontein in die Wes-Kaap geantwoord toe Jenita Beling (32) navraag doen oor haar ouma Margret Beling se toestand.

Toe Jenita se oom Margret op 1 Februarie besoek, het sy nie die besering gehad nie. Maar toe hy drie later weer by haar kom, het hy haar in die skokkende toestand aangetref.

Hy het Jenita gebel en sy is na haar ouma toe. “Sy het net op die bed gelê met ’n bebloede verband om haar arm,” het Jenita aan Huisgenoot vertel.

Die personeellid aan diens het gesê Margret het die wond daardie oggend opgedoen. “Niemand het my eers laat weet my ouma het seergekry nie,” het ’n ontstelde Jenita vertel.

[caption id="attachment_159307" align="aligncenter" width="550"]xx Jenita Beling was geskok om dié wond aan haar ouma se arm te sien. Foto: Verskaf[/caption]

Sy het haar ouma geneem na die Mediclinic Cape Gate, waar sy steke en medikasie ontvang het.

Al het Jenita reeds die saak by die Kraaifonteinse polisiekantoor aangegee, vrees sy vir die welsyn van haar ouma, wat intussen terug is tehuis toe. Volgens haar het hulle nie ’n keuse nie, want daar is nie in ander staatsversorgingsoorde in die omgewing vir haar plek nie.

[caption id="attachment_159319" align="aligncenter" width="600"]Die spesifieke te huis waar Margret tuisgegaan het. Foto: Google Earth Huis Ravenzicht waar Margret tuisgegaan het. Foto: Google Earth[/caption]

Huisgenoot het Huis Ravenzicht genader vir kommentaar, maar hulle was nie bereid om iets te sê nie.

“Dit spyt my om jou mee te deel dat ek ongelukkig nie in hierdie stadium enige kommentaar kan lewer op jou navrae in verband met die beweerde mishandeling van me. Beling by Huis Ravenzicht nie,” het Averell Rust van die maatskaplike organisasie Badisa namens die tehuis gesê.

[caption id="attachment_159308" align="aligncenter" width="550"]Die ouetehuis meen het haarself gebyt. Foto: Verskaf 'n Verpleegster by die ouetehuis meen Margret het haarself gebyt. Foto: Verskaf[/caption]

“Die departement is bewus van die geval. ’n Ondersoek deur Age-in-Action, saam met ander belanghebbendes, is aan die gang om die oorsaak van beserings van die vrou te bepaal.

“Die departement sal intussen help om alternatiewe verblyf vir die vrou te kry,” het Esther Lewis van die Wes-Kaapse departement vir maatskaplike ontwikkeling by navraag gesê.