“Hy was sedert die Maandag van sy verdwyning tot die Woensdag by die Potchefstroomdam in Noordwes,” sê Koos Gerber, wat die ondersoek vir Mike Bolhuis Specialized Security Services lei.


Die familie het Mike Bolhuis se agentskap genader toe Jaco verdwyn.

“Ons het ooggetuies wat met hom by die dam gepraat het. Hy het ook daar by ’n rondawel ingeteken,” sê hy. “Hy het vir die mense by die dam gesê hy is daar vir sake.”

Koos en sy span het die Donderdag by die dam aangekom, maar Jaco het toe glo weer die pad gevat.

“Die familie is bekommerd. Dit is nou al twee weke en geen transaksie is in sy bankrekening gedoen nie.”

Volgens Koos was daar geen teken van huweliksprobleme nie. “Jaco is ’n hardwerkende gesinsman.”

Hy ry glo met sy eie wit Citi Golf met die registrasienommer BM 76 SV GP.