Hou jy en jou gesin van hamburgers, maar wil die ou gunsteling ’n nuwe kinkel gee? Beproef hierdie heerlike Checkers-resep en laat die kinders in die kombuis hand bysit.

Fairview Blue Rock-kaas-en-spekvleisburger

Genoeg vir 4 mense

Vir die vleiskoekies sal jy die volgende nodig hê:

1 klein ui, in fyn blokkies gesny

15 ml (1 e) vars tiemieblare

15 ml (1 e)  fyn koljander

500 g ekstramaer beesmaalvleis

125 ml (½ k) vars broodkrummels

1 eier, geklits

sout en vars gemaalde swartpeper

olyfolie vir braai

Jy sal ook nodig hê:

2 baba-gem-slaaikoppe, versnipper

4 groot agurkies, in skywe gesny

4 bros broodrolletjies

8 -12 repe gerookte strepiespekvleis

1 wig Fairview Blue Rock-kaas

Meng die bestanddele vir die vleiskoekies en geur. Vorm die mengsel in vier koekies en verkoel 30 minute tot ferm. Braai of panbraai die koekies en spekvleis tot gaar na jou smaak. Plaas die blaarslaai, agurkies en vleiskoekies op die rolletjies. Bedek met die bros spekvleis en gekrummelde Fairview Blue Rock-kaas en sit voor met bros aartappelwiggies of -skyfies.

- Resep deur Fairview