[caption id="attachment_78185" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Kendall, ’n student en rasieleier aan die Texas Tech-universiteit in Amerika,  was verlede week in die spervuur oor haar foto’s op sosiale media waarin sy spog met die wilde diere, onder meer ’n renoster en ’n luiperd, wat sy geskiet het.

Verskeie petisies is teen Kendall geloods om haar foto’s van Facebook te verwyder en haar selfs te verbied om ooit weer in Afrika te jag.

Die 19-jarige het ná die foto’s verwyder is weer ’n samestelling van die foto’s wat verwyder is, gedeel.

Facebook het Donderdag in ’n verklaring gesê dit verwyder “inhoud wat stropery van bedreigde spesies aanmoedig, die verkoop van diere vir georganiseerde gevegte bemark of inhoud wat uitermatige dieremishandeling ten toon stel.”

Bronne: Huffington Post, Daily Mail, The Hollywood Gossip