Die Australiese feministegroep Cherchez La Femme het die foto gedeel om voorbrand te maak vir die geleentheid Feminism and Fat, wat daarop gemik is om ’n positiewe lyfbeeld te bevorder.

“Advertensies mag nie ’n gesondheidstoestand of liggaamsgewig as volmaak of uiters ongewens uitbeeld nie,” het Facebook se oorspronklike reaksie gelui.

“Sulke advertensies word nie toegelaat nie omdat dit kykers sleg oor hulself laat voel. Pleks daarvan beveel ons aan dat ’n foto van relevante aktiwiteite, soos hardloop of fietsry, gebruik word.”

Lees ook: Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder

Hulle was “nogal woedend” oor Facebook se besluit, het Jessamy Gleeson, een van die organiseerders van die geleentheid, gesê.

“Facebook het die feit geïgnoreer dat ’n positiewe lyfbeeld (wat in alle groottes en vorms kom, maar in hierdie geval ’n vet lyf) by ons geleentheid bespreek gaan word,” het sy op Facebook geskryf.

“Pleks daarvan het hulle tot die slotsom gekom dat ons vroue sleg oor hulself wou laat voel deur ’n foto van ’n pragtige plusgrootte vrou te deel.”

Ná kwaai kritiek het die sosialemedia-reus sy besluit om die foto te verbied, omgekeer. “Ons span verwerk miljoene advertensiefoto’s elke week, dus maak ons af en toe foute,” het ’n woordvoerder gesê.

“Ons wil dit net duidelik stel dat die foto voldoen aan ons advertensiebeleide. Ons het intussen die foto goedgekeur en vra verskoning vir enige aanstoot wat veroorsaak is.”

Bronne: facebook.com, bbc.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nóg ’n terugslag tref Bill Cosby tydens sy seksverhoor

5 van die koelste eksperimente wat tans op die Internasionale Ruimtestasie uitgevoer word

Kamera, ligte en aksie! Ons HG-fliek is in wording

Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings