Die nuwe riglyne bepaal Facebook sal “grafiese beelde wat gedeel word vir sadistiese plesier of om geweld op te hemel”, verwyder.

Naakfoto’s, met die uitsondering van borsvoeding, kuns of mediese toestande, sal verwyder word.

Die nuwe riglyne vereis ook dat Facebook-lede hul “regte naam” en nie ’n skuilnaam gebruik nie.

“Hierdie standaarde is opgestel om ’n omgewing te skep waar mense gemotiveer en bemagtig voel om mekaar met empatie en respek te behandel,” sê Monika Bickert, Facebook se wêreldwye beleidshoof.

Mense wat nie die riglyne nakom nie, se inhoud sal van Facebook verwyder word en hul rekening kan boonop geblokkeer word.

Bronne: TimesLive, wired.com