[caption id="attachment_162480" align="alignnone" width="602"]Foto: Getty Images Foto: Getty Images[/caption]

Hierdie massiewe sosialemediaplatform is besig om ’n nuwe soort nuustoevoer te toets wat hemelsbreed van sy huidige een verskil. Sommige gebruikers het moontlik al oor die laaste paar dae die splinternuwe ‘Explore’-vlaggie langs die ‘Home’-knoppie op hul Facebook-apps op hul slimfone opgemerk.  

Volgens Mashable word die nuus met daardie funksie volgens die gebruiker se voorkeure en afkere gefiltreer, nie met die gewone algoritmes waarmee 'n gebruiker se nuustoevoer (newsfeed) normaalweg saamgestel word nie.

The Sun noem hierdie Facebook se ‘geheime’ nuustoevoer. Tans is dit nog in beta, wat beteken net ’n handvol gebruikers het al toegang.

Die 'Explore'-vlaggie is glo net op Facebook se Beta Testing Programme-app beskikbaar, maar Mashable berig sommige iO5-gebruikers het dit reeds in Januarie op hul gewone Facebook-app opgemerk.

Volgens dié nuusblad se Freida Lobo werk die Explore-funksie baie soos Instagram se soek- en ontdek-funksie.

"My Explore-vlaggie bevat byvoorbeeld blaaie wat nou verband hou met die nuusstories waarvan ek voorheen al gehou het, soos die vertikale lys stories op ’n vermaaklikheidsnuusblad, sowel as video's waarvan my vriende hou of ’n artikel wat gewild is onder my volgelinge. En natuurlik ook memes.

“Die funksie wys ook vir jou, bo en behalwe videoverhale, hoeveel van jou vriende al na die video gekyk het.”

Dit lyk dus asof Facebook hul gebruikers wil bekendstel aan inhoud waarvan hulle dalk kan hou uit bladsye waarvan hulle nie noodwendig voorheen gehou het nie of wat hulle nog nie gevolg het nie.

“By Facebook kon ons dit regkry om Android se buigsaamheid te gebruik vir innovering op maniere wat nie op ander platforms moontlik is nie,” het Facebook namens Ragavan Srinivasan van Android gesê.

Daarom sal dié beta-funksie eerste aan gebruikers met Android-fone bekendgestel word.

“Die doel is om ons poel van toetsers uit te brei en om terugvoering vanaf gebruikers met ’n meer diverse aantal toestelle te kry.”

Bronne: MailOnline, Mashable, The Sun