Die hooggeregshof in Pretoria het beslis ’n vrou en man moet sy eks R40 000 betaal nadat hulle haar op Facebook belaster het, berig The Star berig.

Die eksvrou het die egpaar verkla omdat sy gevoel het dat veral twee plasings op die vrou se Facebook-tydlyn lasterlik was.

Een van die vrou se inskrywings was: “Aan alle ma’s en pa’s … wat dink julle van mense wat stiefbroers toelaat om hul klein sussies elke aand te bad, net omdat dit die ma se lewe makliker maak???”

Volgens die berig het regter Jan Hiemstra die vrou, wat ’n senior bestuurder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is en die plasings geskryf het, asook haar man wat daarin gemerk is, gelas om die man se eks te vergoed.

Hiemstra het gesê hoewel die man nie die plasings geskryf het nie, is hy daarin gemerk, het daarvan geweet en toegelaat dat sy naam daaraan gekoppel word. Die man en sy eksvrou was voorheen by ’n regsgeding betrokke met die eks toe sy verlede jaar ’n bevel teen hom kry wat hom belet om naby haar huis of werk te kom. Lees ook: Facebook laster nou strafbaar Gedagvaar oor slegsê op Facebook