Sy was so ’n goeie vriendin dat hulle haar die peetma van hul drie kinders gemaak het, maar toe William Hunter* en sy vrou, Sarah*, se huwelik op die rotse loop en sy saam met hul twee dogters en seun by hul gemeenskaplike vriendin gaan intrek, het harde woorde geval – en dit op Facebook.

“Ek wonder wat geword het van die mens op wie ek 15 jaar as my beste vriend kon staatmaak?” het Natascha Westridge* gevra voor sy hom onder meer vir ’n dronkaard, dwelmgebruiker en slegte pa uitgekryt het.

Selfs ná ’n prokureursbrief het sy geweier om die gewraakte woorde terug te trek, maar weens ’n opspraakwekkende hofuitspraak is daar nou vir haar geen uitweg nie.

In lande soos Amerika kan internetgebruikers al jare lank ’n hofbevel teen lasteraars kry, maar in Suid-Afrika is met hierdie uitspraak regsgeskiedenis gemaak.

Lees meer oor hierdie belangrike kwessie in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.