Die vrou se naam was Celeste Zendler. Sy het in Colorado gebly, duisende kilometers van Schuler af, en hulle het geen gemeenskaplike vriende nie.

“Ek het die soekenjin oopgemaak, na facebook.com gegaan en het nie eens kans gekry om enige aanmeld-inligting te verskaf nie,” het Schuler in ’n plasing op Imgur verduidelik.

“Ek was reeds aangemeld. Ek het eers ná verskeie plasings uitgevind ek is nie by my eie rekening aangemeld nie.” Terwyl Schuler by die rekening probeer afmeld het, het hy en Celeste begin gesels.

Die verwarde Schuler het eindelik daarin geslaag om by Celeste se rekening af te meld. Toe hy by sy eie rekening aanmeld, het hy gevind Celeste het vir hom ’n vriendskapsversoek gestuur. Hy het dit aanvaar.

Celeste het aan Heavy.com gesê sy was van plan om hom ná ’n rukkie te verwyder, want sy het hom net genooi om seker te maak die glips is reggestel. Sy het egter vinnig van plan verander. “Ek het hom nooit verwyder nie, want ek het sy statusbywerkings geniet,” het sy gesê. “Hy het sulke snaakse goed gedeel en ek het daarvan gehou om dit te lees. Ons het hier en daar kommentaar gelewer op mekaar se status en dit is hoe ons mekaar leer ken het.”

Die paartjie is vanjaar tydens ’n pragtige tuinseremonie getroud.

Hulle het eindelik in 2013 besluit om mekaar te ontmoet. Alles het goed verloop – Celeste het later daardie jaar Arkansas toe getrek om by Schuler aan te sluit.

En, om die sirkel te voltooi, het hy besluit om haar op dieselfde manier as waarop hulle mekaar ontmoet het, te vra om met hom te trou.

Hy het haar rekening binnegedring en ’n foto van ’n verloofring geplaas met die byskrif: “Ek kom terug hierheen. Celeste, ek dring vir die tweede keer by jou Facebook-rekening in (vir die eerste keer doelbewus ;)) om jou ’n vraag te vra: Sal jy met my trou?”

Sy het natuurlik ja gesê. Die paartjie is vanjaar tydens ’n pragtige tuinseremonie getroud.

“Ek het deur middel van ’n blote glips op sosiale media my maat, my beste vriendin en my groot liefde gevind,” het Schuler gesê. “Daar is verskriklike dinge in hierdie wêreld, maar soms is daar tog prag ook.”

Bronne: Imgur, Heavy.com, The Mirror