George Cunningham se foto het op 8 Desember op die blad verskyn. Hy het aan die fotograaf vertel dat hy wens hy êrens ’n plek kon kry om Kersete te nuttig.

“Ek is haweloos en ek reis na enige dorpe wat ’n skuiling aan haweloses bied sodat ek slaapplek kan kry aangesien so baie plekke vol is. As ek buite in die koue geslaap het, sou ek al dood gewees het.

“Al waarvoor ek nou omgee, is om ’n plek te kry waar ek Kersete kan eet. As ek ’n B&O kan kry wat Kersete insluit, sal ek die geld betaal. Ek sal selfs meer as R1 000 vir ’n hotel betaal as ek moet, ek wil net Kersete hê,” het hy op die blad gesê. Nadat sy foto op die blad opgelaai is, het hordes mense aangebied om vir sy ete te betaal, hom in te neem vir Kersfees of om vir ’n hotel te betaal. Soos die gewildheid van die storie toegeneem het, het George se suster sy foto gesien en besluit om kontak te maak.

'Al waarvoor ek nou omgee, is om ’n plek te kry waar ek Kersete kan eet.'

Sy het kontak gemaak met een van die blad se fotograwe, Lee, maar daar was geen manier om kontak te maak met George nie wat op ’n klein vissersdorpie was.

“Ek moes oral in die dorpie bel om iemand te kry wat hom kon vind,” het Lee aan Sky News vertel.

“Ek het na so paar plekke gebel en gesê wat ek doen. Uiteindelik het iemand hom in die hande gekry en hy het my gebel.”

George sal nou Kersfees saam met sy familie deurbring, maar hy is ook deur ander lede van die gemeenskap genader wat hom nog wil help.

Lee het aan Sky News gesê dat ’n hotel naby aan die familie se huis aangebied het om hom te huisves vir een aand terwyl ’n klerewinkel aangebied het om vir hom ’n pak vir volgende week se ete te gee.

Bron: Humans of Ireland Facebook page