Die sosiale netwerk Facebook het weer hul hand diep in die sak gesteek en R22 biljoen opgedok vir die virtuelerealiteitsmaatskapy Oculus.

Oculus vervaardig ’n kopstuk wat lyk na ’n sonbril wat reg rondom die gebruiker se kop loop. Dié ingewikkelde speelding is oorspronklik vir rekenaarspeletjies ontwerp en laat die gebruiker voel asof hy hom bevind in ’n bewegende 3D-weergawe van die tonele in die speletjie.

Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, sê dié kopstuk kan rekenaarspeletjies en ervarings soos sportwedstryde bywoon meer opwindend maak en gebruikers laat voel asof hulle iemand van aangesig tot aangesig sien, al kyk hulle eintlik na ’n skerm.

Mieke Vlok