Eva Mendes hou niks daarvan om sekstonele te verfilm nie.

Die 39-jarige aktrise moes in haar jongste fliek, The Place Beyond the Pines, sekstonele verfilm met haar regte kêrel, Ryan Gosling.

“Die sekstonele is aaklig. Dit is al wat ek gaan sê. Dit is altyd ongemaklik en vreemd,” het Eva tydens ’n onderhoud aan US Weekly gesê.

Volgens Eva was dit darem baie makliker omdat Ryan saam met haar in die fliek was.

“Ons ken mekaar nou al lank. Ek respekteer hom ongelooflik baie. Ek moes beslis my sokkies optrek want hy’s ’n uitstekende akteur.”

-Bang Showbizz