Eva Mendes en Ryan Gosling het blykbaar ’n groot prestasie behaal deur in die geheim ’n kind te hê.

’n Geboortesertifikaat wat TMZ bekom het, dui daarop die egpaar het einde verlede maand ouers geword toe klein Amada Lee Gosling in die Providence St. John’s-gesondheidsentrum in Santa Monica, Kalifornië, gebore is.

Eva de la Caridad Mendez word aangedui as die pasgeborene se ma en Ryan Thomas Gosling as die pa.

Gerugte van ’n swangerskap het in Februarie begin loop nadat dit gelyk het of die aktrise tydens ’n fotosessie in Los Angeles ’n bababoepie probeer wegsteek, maar nie een van die sterre het op die berigte gereageer nie.

Die egpaar se eerste kind, Esmeralda Amada, is 20 maande oud. Amada is die naam van Eva se ouma, volgens TMZ.

Lees ook: Geliefde Afrikaanse sanger deel eindelik foto’s van vroeggebore kleinding

Eva en Ryan is bymekaar sedert hulle mekaar in 2011 op die stel van The Place Beyond the Pines ontmoet het. Verteenwoordigers van Eva en Ryan moet nog die babanuus bevestig wat gekom het ’n maand nadat Eva se ouer broer, Juan Carlos Mendez, aan kanker dood is. Hy is op 17 April dood, amper twee jaar nadat keelkanker in 2014 by hom gediagnoseer is. Die aktrise het ’n roerende foto van haar saam met haar siek broer by ’n Stand Up to Cancer-liefdadigheidsgeleentheid in Januarie 2015 op sosiale media gedeel. Op die oulike kiekie hou Eva haar arm om Juan Carlos. En haar byskrif daarby was bloot ’n hart-emoji.

A photo posted by Eva Mendes (@evamendes) on

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot:

80-jarige ‘Glam-ma’ neem internet op horings ná merkwaardige gedaantewisseling

Oud-Bokkaptein hang sy ‘tokse’ op

Dié wetenskaplikes versorg Wladimir Lenin se gebalsemde lyk teen R3 miljoen per jaar!

Suid-Afrikaanse perdebyspesie na Hollywood-ster vernoem