Eva Longoria het die nuwe man in haar lewe, die Mexikaanse sakeman Jose Antonio Baston, aan die wêreld gewys.

Die Desperate Housewives-aktrise het die afgelope naweek vir die eerste keer in die openbaar saam met hom verskyn nadat sy die afgelope paar weke haar romanse stilgehou het.

Die 45-jarige entrepreneur het Eva (38) Vrydag vergesel na die Museo Jumex-openingsaandete in die Case de la Bola-museum in Mexikostad. “Hy het haar voete onder haar uitgeslaan en maak haar soos ’n ware heer die hof,” het ’n bron aan die tydskrif People gesê.

Jose, die voorsitter van die Televisa, Latyns-Amerika se grootste mediamaatskappy, is in Oktober die eerste keer saam met Eva gesien in die restaurant Serafina in New York.

Dit lyk of Jose tydens die middagete, waartydens die twee “hande vasgehou en gesoen” het, verwar is met Eva se eks, Eduardo Cruz, wat gerugte aangevuur het dat die aktrise en haar ou vlam weer saam is nadat hulle in Junie 2012 uitmekaar is. Eva en Eduardo het dit sommer gou op Twitter ontken.

Daar is die afgelope berig dat Eva met ’n “skatryk, suksesvolle sakeman van Mexiko” uitgaan. ’n Bron het gesê: “Sy is baie gelukkig, en hy is mal oor haar.”

Die beeldskone aktrise was enkellopend sedert sy uitgemaak het met die werklikheidster Ernesto Arguello, wat sy in Augustus ontmoet het toe sy die reeks Ready to Love vervaardig het.