“Tot dusver gebruik ons ons noodreserwes taamlik baie,” sê die woordvoerder Andrew Etzinger.

“Ons kan verwag hierdie reserwes sal einde vandeesweek uitgeput wees; gevolglik is daar meer druk op die stelsel en ’n groter kans op kragonderbrekings.”

Dit sal die hele land raak.

Maandag het Andrew gesê daar is geen beplande onderbrekings vir die week nie. Hy het gesê die stelsel verkeer onder druk, maar kragonderbrekings word nie beplan nie.

Verlede maand het ’n steenkoolsilo by die Majuba-kragsentrale in Mpumalanga ineengestort, wat wyd kragonderbrekings veroorsaak het. Die silo het meer as 10 000 t steenkool geberg. Die ineenstorting het die steenkoolvoorraad vir die ses eenhede in die kragsentrale beïnvloed.

Instandhouding aan die hidroëlektrisiteitsaanleg Cahora Bassa in Mosambiek het ook ’n uitwerking op kragvoorsiening gehad.