Kaapstad –

Tans is daar fase 1, wanneer 1 000 MW van die netwerk gesny word; fase 2, wanneer 2 000 MW van die netwerk gesny word; en fase 3, wanneer sowat 4 000 MW van die netwerk gesny word.
Ons beplan om fase 3 na tot 3 000 MW te verander en fase 4 sal dan tot 4 000 MW verhoog word

Maar Eskom sê selde in sy mediaverklarings aan sy verbruikers dat fase 3 eintlik twee vlakke het, 3a (3 000 MW) en 3b (4 000 MW).

“Ons beplan om fase 3 na tot 3 000 MW te verander en fase 4 sal dan tot 4 000 MW verhoog word,” het ’n Eskom-woordvoerder Vrydag aan Fin24 gesê.

“Die presiese datum is nog nie bevestig nie. Maar dit sal in die nabye toekoms wees.”

So sal die nuwe fases lyk:

  • Fase 1: 1 000MW
  • Fase 2: 2 000MW
  • Fase 3: 3 000MW
  • Fase 4: 4 000MW

Terwyl fase 4 dalk klink of Eskom beurtkrag verder wil voer, is die besluit daarop gemik om meer opsies te skep sodat die kragvoorsiener doeltreffender kan kommunikeer.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag by die parlement aan die media gesê sy het Eskom versoek om kommunikasie met sy belanghebbers te verbeter en dat hulle vennootskappe met verskeie media-ondernemings gesluit het om die proses te verbeter.

Matthew le Cordeur

Fin24