Die kragvoorsiener Eskom het Woensdag verbruikers gevra om saans tussen sesuur en agtuur warmwatersilinders, swembadpompe en alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel om die behoefte vir kragonderbrekings te voorkom.

“Die kragstelsel is vandag kwaai beperk en sal vir die res van die week so bly,” het die hoof uitvoerende beampte, Tshediso Matona, in ’n verklaring gesê.

“Dit is as gevolg van tegniese probleme by van ons kragstasies en die verlies van addisionele genererende eenhede.”

Tshediso het gesê die maatskappy het reeds belangrike industriële klante in kennis gestel en van hulle vereis dat hulle hul lading met ’n tiende verminder.

“Die risiko sal tot in November voortduur,” het hy gesê.

“Ons vra vir volgehoue besparing deur die dag om die aanvraag op die elektrisiteitsnetwerk te verminder,” het hy gesê.

Tshediso het gesê Eskom sal alles in hul vermoë doen op kragonderbrekings te vermy, maar as ’n voorsorgmaatreël is beurtkragroosters op Eskom se webtuiste beskikbaar.

- Sapa