"Ons het ’n draaipunt bereik waar ons óf kan voortgaan om aan te gaan soos in die verlede ... óf ons kan die regte ding doen ... om ons uit hierdie moeilike situasie uit te kry,“ het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Beurtkrag is nodig om Eskom in staat te stel om by te kom met die instandhoudingswerk aan sy kragopwekkers.

"Ons het verkies om dinge op die regte manier te doen... stel die land bloot aan die moontlikheid van beurtkrag,” het Matona gesê.

Een van die kragopwekkingseenhede by Koeberg sal in Februarie gesluit word vir instandhoudingswerk.

"Die kragstelsel sal vir ’n lang tyd onder ernstige druk wees.”

Matona het bygevoeg: “Dit is nie óf beurtkrag deel van ons lewens gaan word nie, maar hóé ons dit die hoof gaaan bied.”