Eskom sê hy verwag vandeesweek geen beurtkrag nie.

Die kragreus sê hy kon verlede week die ligte aangeskakel hou vir die res van die week nadat sy Medupi-kragsentrale ongeveer 800 megawatt krag verskaf het. Dit het meer stabiliteit aan die nasionale netwerk verseker.

Suid-Afrikaners was feitlik elke aand gedurende spitstyd onderworpe aan verduistering op ’n rollende gondslag, maar Donderdagaand was ’n uitsondering, aangesien meer opwekkingsvermoë by die netwerk gevoeg is.

Hulle het ook kliënte versoek om saans, wanneer die temperatuur begin daal, elektrisiteit spaarsaam te gebruik.