Eskom se woordvoerder, Andrew Etzinger, het gesê die noodtoestand sal tot vanaand om 21:00 duur.

“Ons is besig om al 140 groot maatskappye wat Eskomkrag gebruik, te bel en te vra om hul kragverbruik met minstens 10% te verminder.”

Volgens Etzinger word die moontlikheid van beurtkrag in die nabye toekoms nie uitgeskakel nie.

“Hoewel van ons ander kragopwekkers, wat die afgelope tyd gediens is, vanmiddag geïnstalleer word, moet Eskom konserwatief wees. Beurtkrag is dus nie uitgesluit nie,” et hy gesê.

Eskom se opwekkingsvermoë is vandag 30 000MW en die vraag na krag is ook 30 000MW.

Eskom het ook 'n beroep op gewone verbruikers gedoen om 10% van hul krag te bespaar deur lugverkoelingstelsels en swembadpompe af te skakel.

Bronne: Sapa, Beeld