“Daar is nou ’n groter kans op beurtkrag omdat ons nie die goedkeuring kry om nog steenkool aan te koop ter voorbereiding vir die winter nie,” het hy aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge gesê.

Die komitee beskou die verslag oor ooreenkomste vir steenkoolverskaffing tussen Eskom en Tegeta, wat deur die omstrede Gupta-gesin besit word.

Die ouditeursgroep PricewaterhouseCoopers het die ondersoek uitgevoer nadat beweer is prosedure is glo nie gevolg toe dié kontrak beklink is nie. Die tesourie het ook hul eie ondersoek daarna begin.

Eskom het vroeër in Mei versekering gegee daar sal nie vanjaar beurtkrag wees nie en gesê die instandhouding en voorbereiding is gedoen sodat daar nie in die winter enige probleme sal wees nie.

Mongezi Ntsokolo, Eskom se uitvoerende hoof vir verspreiding, het versoek dat verbruikers steeds hul elektrisiteitsverbruik probeer beperk.

Bronne: News24eNCA