"Ons beoog tans nie om (volgende week) enige beurtkrag in te stel nie,” het Khulu Phasiwe, ’n woordvoerder van Eskom, gesê.

Hy het egter gewaarsku dat die moontlikheid nie heeltemal uitgeskakel kan word nie: “ Ons werk met ’n ou stelsel, dus ondervind ons van tyd tot tyd tegniese probleme.“

Phasiwe het ook gesê dit is normaal dat daar onderbrekings sal voorkom “by een of twee stasies, as gevolg van velerlei tegniese situasies,” maar hy het bygevoeg dat daar nie op die oomblik enige dreigende moontlikheid is nie

Hy het bygevoeg dat die kragstelsel Sondagmiddag “relatief stabiel“ was.

Daar moet in Februarie 900 megawatt van die kragnetwerk verwyder word wanneer instandhoudingswerk aan een van die eenhede by die Koeberg-kernkragsentrale gedoen moet word.

- Sapa