Terwyl Suid-Afrikaners regmaak vir die somervakansie, sê Eskom daar sal geen kragonderbrekings wees nie. “Soos dit nou lyk en as daar niks verander nie, is die risiko vir kragonderbrekings vir vandag en die res van Desember baie laag,” het Eskom se mediakantoor Vrydag gesê. Die woordvoerder Andrew Etzinger het gesê sake lyk nou beter vir die kragvoorsiener.

'Daar is vandag ’n lae moontlikheid vir kragonderbrekings.'

“Daar is vandag ’n lae moontlikheid vir kragonderbrekings. Die stelsel lyk goed; tensy iets gebeur, sal die kragtoevoer reg wees,” het hy gesê.

In die afgelope paar weke het Eskom gesukkel om krag te voorsien. Dit volg op die ineenstorting van ’n steenkoolsilo, ’n dieseltekort en probleme met instandhouding. Verlede naweek het Eskom stadium-3-krangonderbrekings ingestel.

Stadium 1 laat tot 1 000 MW van die nasionale lading bespaar word, stadium 2 tot 2 000 MW en stadium 3 tot 4 000 MW.

Tydens kragonderbrekings moet gebiede in die land om die beurt sonder krag sit om ’n totale ineenstorting van die stelsel te voorkom. Dit is die geval tot die probleme opgelos word.