“Ons is nie bewus van die boodskap nie en ons weet nie wat sy oorsprong is nie,” het die woordvoerder Elijah Mhlanga gesê.
Die Afrikaanse boodskap is per WhatsApp gestuur en beweer dat nuus van die nuwe “groep” op alle TV-kanale uitgesaai is.

“As dit reeds daar buite is, al is dit net ’n skelmstreek, is dit iets wat ons ernstig moet opneem.”

Hy het gesê die polisie sal in kennis gestel word. “Die veiligheid van ons leerders is altyd belangrik.”

Die polisie kon nie Maandag kommentaar lewer nie.

Die Afrikaanse boodskap is per WhatsApp gestuur en beweer dat nuus van die nuwe “groep” op alle TV-kanale uitgesaai is.

Die boodskap (in sy oorspronklike vorm) lui: “Weet nie of julle nuus gekyk het nie . . . daar is n noodberig uit vir van more af vir die hele volgende week . . . kinders gaan gesteel word en n groot aantal ook. Asb . . . moenie dat die kinders speel waar hulle nie 24/7 onder julle oe is nie. Daar gaan op skole . . . erwe ens toe geslaan word waar ouers dink hulle kidz is veilig. Moenie dit as n grap vat nie . . . dit was n noodberig op al die tv nuus kanale! Pas my kleintjies op . . . moenie waaksaamheid vir een oomblik verslap nie asb. Hulle gaan oral in die land toeslaan. Asb! Sprei die nuus sover jy kan om alle ouers op ALERT te sit!”

Ahmed Areff, News24

News24