Die wêreldbekende Springbokslot Frik du Preez is Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy ’n hartaanval gehad het.

Volgens Netwerk24 het Du Preez by die Leriba Lodge in Centurion ’n hartaanval gekry toe hy ’n gholfdag vir oudspelers bygewoon het.

[caption id="attachment_171611" align="alignnone" width="600"]Foto: Getty Images Foto: Getty Images[/caption]

“Ek het met Bes (Du Preez se vrou) gepraat en sy is by hom in die hospitaal. Als gaan goed," sê Wynand Claassen, oud-Springbokspeler aan Netwerk24.

Du Preez het ook intussen ’n angiogram ondergaan.

Hoewel Du Preez binnekort uit die hospitaal ontslaan kan word, moet hy ná sowat ses weke weer ’n besoek aan die hospitaal aflê in geval van komplikasies, berig Netwerk24 verder.

Du Preez (81) het onlangs ’n lang stryd teen kanker oorwin.

Beterskapwense stroom in op Facebook.

Bron: Netwerk24