Hy kan nie meer mooi onthou hoe dit is om te loop nie en daar is donker oomblikke, maar as hy deur alles moet gaan om weer by die liefde in sy lewe, Tinarie van Wyk-Loots, te uit te kom sal hy.

“Sy is my ribbebeen,” sê die akteur, Erik Holm, oor die aktrise met wie hy al ’n geruime tyd in ’n verhouding is.

Ons gesels met Erik by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn waar hy in 2016 in die toneelstuk, Blou-Blou, te sien is. Erik is veral bekend vir sy rol as Rian Malherbe in die sepie, Binnelanders.

Lees ook: Kom vier ons 100ste verjaarsdag saam met ons op 26 Maart 2016 by die KKNK!

In die stuk vertel Erik roerend waardeur hy gegaan het op 24 Augustus 2007 om 15:38 toe hy saam met ’n groep akteurs  by ’n restaurant in Secunda gekuier het en sy nek gebreek het. Hy het in die bodem van ’n vlak dam vasgeduik.

“Na die ete het ons met ’n bal gespeel. Die bal het na my toe gekom en ek het dit hard gemoer. Dit het in die dam beland en ek het dit agterna gesit. Ek het my hemp en skoene sommer so in die hardloop uitgetrek. My horlosie ook. Ek het in die lug ingeskiet en my lang lewende voete het vir die laaste keer op Moederaarde geland. Ek dink ek het soos n dolfyntjie prentjie gelyk. 'n Mens het in die agtergrond geskree: ‘Daai water gaan koud wees!’ Ek grootbek het gedink ‘hoe koud is koud?’ Agter daardie noodlottige balletjie aan.”

Lees ook: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie,’ sê Pedro Kruger

Erik vertel verder van die vreemde, onaardige gevoel wat oor hom gekom het toe hy besef wat besig is om te gebeur en het hard met homself gepraat.

“Ek het gedink die koue het my liggaam in skok ingestuur. ‘Jy moet net wag. Wikkel jou tone om die bloedsomloop terug te bring. Die probleem is ek weet nie of ek dit doen nie. Draai jou kop. Ek weet of ek kan nie."

Dan beskryf hy die visioen wat hy gekry het. ’n Glasvenster het voor hom verskyn en hy het geweet hy moet probeer om dit te breek. “As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop.”

Onder hom het daar skielik ’n klomp klein kinderhandjies in al die kleure van die reënboog verskyn wat hom probeer help het om die venster te breek.

“Die kinderhandjies het om my ore neer gereën. ’n Stem in my kop het vir my gesê my suurstof is besig om min te raak en ek het besef dalk is dit nie die slegste plek om te laat gaan nie.”

Nie Erik of die kinderhandjies kon die glas breek nie en Erik het nie laat gaan nie.

Ons gesels met Erik na die vertoning en hy verduidelik dat hy dit aanvanklik gedoen om hulde aan sy gesin te bring wat hom regdeur die ongeluk ondersteun het.

[caption id="attachment_120948" align="aligncenter" width="600"]Erik en sy helper Moshe Tlaatla agter die verhoog by die KKNK waar hy die toneelstuk Blou-Blou doen. Foto: Peet Mocke Erik en sy helper Moshe Tlaatla agter die verhoog by die KKNK waar hy die toneelstuk Blou-Blou doen. Foto: Peet Mocke[/caption]

“Seker so na die agste keer wat ek dit gedoen het en hulle dit almal gesien het, het ek gewonder hoekom ek dit nou eintlik nog doen, maar toe het daar mense vir my die mooiste goed kom sê."

Erik sê die lewe is met tye moeilik, maar hy gaan aan. “Ek werk weer en ek is weer lief vir iemand. Dit is net anders.”

So het Erik destyds sy spesiale motor aan Huisgenoot bekend gestel.

“Kyk dit is sleg om nie te kan loop nie, maar daar is baie ander slegter goed. Om te kan loop is soos agtste op my lys. Goed soos om nie die deur vir ’n dame te kan oopmaak nie. Dit is die tipe goed wat vir jou identiteit gee. Maar as jy mense in jou lewe het wat jou kan help daarmee is jy gelukkig.”

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Eksklusief: Angelique Gerber vertel hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

Kyk: Die derde Bridget Jones-fliek se lokprent is hier!