Lindie Stander het onlangs die Camino de Santiago voltooi - al 807 km van die lang, stowwerige en uitmergelende roete vanaf St Jean (Frankryk) tot by Santiago de Compostela (Spanje)

"Dis hier waar die Meseta Plains begin. Ek is oppad Itero toe. (Ek kies om op die kleiner dorpies oor te bly, want dis stiller. ) Dis 'n paar 100km van absolute platte niks... Dis warm...daar's geen skaduwee nie, en die vliee eet jou op. Dis so 489 km van Santiago af...mens is reeds keelvol vir herberge en ander pelgrims wat vere voel... Jy's heeltyd dors en water is skaars. Jy sweet en verloor onsettend baie minerale, so dis uiters belangrik om jou kalium en magnesium vlakke te check. Gelukkig was my gesondheid (voete en fiksheid) baie goed, so ek het sterk geloop. Mens is vodde aan die einde van elke dag...maar baie verlig en trots jy't nog 'n skof oorleef..."