Lindie Stander het onlangs die Camino de Santiago voltooi - al 807 km van die lang, stowwerige en uitmergelende roete vanaf St Jean (Frankryk) tot by Santiago de Compostela (Spanje)

"Hier is ek net buite Santo Domingo de la Calzada (583km vanaf Santiago). Daar was ek vir die eerste keer sedert die begin nie in absolute pyn agv. my voete en blase gewees nie. Die eerste 200km was pure hel, en ek het heeltyd gehuil en gedink ek gaan moet stop. As ek deur 'n dorpie gestap het, het ek vir 'n paar minute net in die stilte van 'n middeleeuse kerkie gaan sit en bid dat my voete gesond raak. Uiteindelik figure ek toe uit my skoene se insoles is te hard, en ek het meer cushioning nodig gehad. Het gevoel of elke gebed beantwoord was! Dit was dadelik beter en die blase het ook omtrent daai tyd begin beter raak."