Terwyl die akteurs van die BBC-program Merlin besig is om die vierde seisoen van die reeks te skiet, het die Britse openbare uitsaaier reeds goedkeuring vir 'n vyfde seisoen gegee.

Marieke Snyman van Nuus24 gesels met Eoin Macken, wie die rol van Gwaine vertolk, oor die reeks.

In hoeveel episodes kan ons verwag om vir Gwaine te sien?

Ek dink ek is in elke episode. Miskien is daar so een of twee waarin ek nie is nie. Jy weet, die ridders het nou deel van Camelot geword. Ons is daar wanneer mense ons nodig het. Soos die Ghostbusters... As iets verkeerd loop, wie gaan jy roep?

Lancelot is een van die eerste karakters wat uitgevind het dat Merlin kan toor. Hoe dink jy sal Gwaine reageer as hy dit uitvind?

Ek dink hy sal dink dit is regtig cool. Hy sal tien-teen-een vra “Haai, kan jy water in bier verander?” omdat dit vir hom cool sal wees. Maar dan sal hy ook bietjie kwaad raak en sê “Jy kan nog die heeltyd toor en dan stuur jy my om hout vir ‘n vuur te gaan soek terwyl jy net die vuur met toorkrag kan aansteek?”

Beste raad wat jy nog ooit ontvang het?

Angel (Coulby, wat Gwen speel) het vir my gesê ek moet my woorde onthou. Dit was nogal snaaks. Toe ons ons eerste toneel saamgespeel het, het ek geweier om my woorde saam met haar te oefen. Sy het seker gedink ek ken nie een van my woorde nie, tot ons begin skiet het.

Hoe voel dit om as ‘die ridder met die mooi hare’ beskou te word?

Ek is nie seker wat om daaroor te sê nie...

Klik hier om meer te lees.

-Nuus24