Wat sal jy doen as ’n groot gedierte op jou afpyl terwyl jy heerlik in die water speel? Waarskynlik soos dié vrou reageer.

Sy was met vakansie in Florida en het saam met vriende gaan swem toe sy skielik ’n “monster” in die water gewaar. Sy begin paniekbevange gil terwyl sy probeer om terug na die boot te swem.

Eers na die tyd besef sy die “monster” is maar net ’n lamantyn – ’n enorme herbivoor wat geen gevaar vir mense inhou nie.

Die hele debakel is op die meisie se selfiestick vasgevang. Vandag haar vriendin dit op 6 April vanjaar op YouTube gelaai het, is dit al meer as 8 miljoen keer gekyk.

Kyk hier na die video:

Bronne: Daily Mirror, YouTube