Die vrou, wat net bekendstaan as Catherine (34), van Loveland in die Amerikaanse deelstaat Colorado, het ’n video gemaak waarin sy haar verhaal met flitskaarte vertel.

Sy wys kykers hoe “normaal” Aaron Tyrell Scott voorgekom het toe sy twee jaar gelede met hom begin uitgaan, en hoe lief hy vir sy ma en vriende is. Toe hy aanvanklik daarvan beskuldig word dat hy haar dogter seksueel aangerand het, het hy dit ontken, maar DNS-toetse het die teendeel bewys.

Lees ook: Ouers in trane oor jong Asperger-lyer se roerende gedig

Sy sluit haar video af met ’n pleidooi waarin sy enkelsma’s vra om op die seksoortrederslys in te gaan en seker te maak of die persoon wat hulle in hul lewe toelaat, nie daarop aangedui word nie.

Suid-Afrika het ook so register, maar die inligting is nie geredelik beskikbaar nie. Die lys van mense wat deur ’n hof gevonnis is weens seksuele oortredings, is wel daar om werkgewers in die openbare en privaat sektor – soos skole, kleuterskole en hospitale – die geleentheid te bied om seker te maak of die mens wat hulle wil aanstel, geskik is om met kinders en verstandelik gestremdes te werk.

Lees ook: Jong Anakin Skywalker met geestesgesondheidsprobleme gediagnoseer

“Die register is daar om kinders en gestremdes te beskerm teen seksuele oortreders,” sê die registrateur van die nasionale register, Ntombizodwa Matjila, wat verbonde is aan die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Tog mag die lys mag glad nie aan die publiek bekendgemaak word nie, maar mense kan wel ’n versoek rig om ’n sertifikaat wat bewys dat hulle nie op die lys is nie.

Einde Maart 2016 is 22 879 mense se naam reeds op die register gelys.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping