Is jy enkellopend en tussen 21 en 40 jaar oud? Jy kan dalk liefde van jou lewe op ’n splinternuwe TV-program vind!

Die Kliek, aangebied deur die komediant Schalk Bezuidenhout, gaan oor ’n tydperk van 5 dae (vanaf 26 tot 30 Oktober) in Kaapstad verfilm word.

Deelnemers sal vir die hele verfilmingsperiode beskikbaar moet wees. Daar sal 'n daaglikse vergoeding van R1000 per deelnemer wees om onkostes en verlof te dek.

Klink dit na 'n blink plan? Skryf dan dadelik in deur op hierdie skakel te kliek.

Maar spring vinnig, die tyd om jou ware liefde te vind hardloop uit.