Waar die boer en sy meisie van die afgelope twee maande hand aan hand in die bosveldpaadjie stap, is hulle die toonbeeld van ’n verliefde paartjie.

Dis juis oor dié liefde wat so onverwags begin blom het het dat kykers van die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou nou gal braak.

Eers moes hulle sien hoe Eon van Aarde (25), ’n deelnemer, op TV erken sy hart klop nou nie eintlik tjoklits nie oor die spontane Emmerika van Rustenburg, wat sy uiteindelike keuse was.

En toe moes kykers onlangs in die slotepisode sien hoe Eon met ’n vreemde meisie by die reünienaweek opdaag.

Op kletsblaaie soos Facebook is kwaai gebrom.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.