Die Proteas-krieketspeler Faf du Plessis en sy vrou, Imari, geniet hul vakansie in Amerika terdeë. Die paartjie, wat onlangs in San Francisco in Amerika uitgespan het, het foto’s van hul avontuur op Instagram gedeel.

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on
Faf en Imari, wat in Kaapstad woon, het hul lyf omtrent toeris gehou en was onder meer by die Yosemite Nasionale Park in die prentjiemooi Sierra Nevada-berge in Kalifornië. Dis in dié park waar die Hollywood-paartjie Ashton Kutcher en Mila Kunis en hul 19 maande oue dogter, Wyatt, hul wittebrood gevier het nadat hulle verlede jaar afgehaak het. Faf was duidelik beïndruk deur die pragtige landskap. By een selfie van hom en Imari het hy gesê: “Nou weet ek hoekom Apple dié plek as hul skermfoto gebruik . . . dis seker die heel mooiste plek wat ek al besoek het.”

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on

’n Dag later het hulle foto’s van hulle by die bekende tronkeiland Alcatraz in die baai van San Francisco gedeel. Faf het ook ’n video van ’n groepie robbe gedeel en geskryf dit laat hom aan hul hondekinders, die worshondjies Giorgio en Bella, dink. Lyk of iemand huis toe verlang.

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on

Die nasionale T20-kaptein, wat verlede maand sy ringvinger gebreek het tydens die Indiese Premierliga, is vermoedelik weer aan diens as die Proteas volgende maand na die Karibiese Eilande toer vir ’n driehoekige eendagreeks daar.

EKSTRA BRON: DAILYMAIL.CO.UK

Lees ook op Huisgenoot.com:

Ivan Zimmermann trap voort: Twee dae in Beijing met ‘baie mense, baie fietse en baie karre’

Céline Dion verklap laaste woorde aan haar man oomblikke voor hy sterf

So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter

Kyk net hoe brul 7de Laan se Xander op ’n ysterperd!