Gal Gadot van Batman v Superman: Dawn of Justice-faam wat die rol van Wonder Woman in die superheld-lokettreffer vertolk, het so pas haar tweede baba verwelkom.

Die foto is van Gal, haar man, Yaron Versano, en hul vyfjarige dogter Alma. Kwalik ’n week gelede het Gal haar negende maand van swangerskap met haar aanhangers in sosiale media gedeel. "#Nofiltermoment. Met die daaglikse roetine van die lewe, gesin en werk is my aandag heeldag lank elders. Vandag het ek ’n oomblik met myself gehad toe ek by die venster uitkyk en die pragtige blou lug sien en besef ek’s 9 maande (!!!) swanger en binnekort gaan daar ’n nuwe liefie by ons familie gevoeg word . . .”

A post shared by Gal Gadot (@gal_gadot) on

Die paartjie is reeds sedert 2008 getroud.

A post shared by Gal Gadot (@gal_gadot) on

© Cover Media