Maar die beeldskone Melinda Bam pryk gelukkig hier net op Instagram in ’n reklamefoto vir die nuwe VIA-werklikheidsreeks Wie’s Jou Poppie?, waarvan sy die aanbieder is.

A post shared by melindabam (@melindabam) on

’n Opgewonde Melinda het Woensdag aangekondig die reeks se verfilming is eindelik voltooi. “Een van die prettigste projekte waaraan ek tot nog toe gewerk het, met die ongelooflikste mense,” verklaar sy. “Dankie aan @anelbothac vir my pragtige rok. Jy weet maar net die beste hoe om my soos ’n prinses te laat lyk.”

A post shared by melindabam (@melindabam) on
Melinda het vroeër aan Huisgenoot vertel sy het in dié reeks onder meer loodgieterwerk gedoen, rugby gespeel en in renmotors gejaag saam met glansvroue. Sy en die aktrise Angelique Potgieter het Oosterse vegkuns gedoen en sy en die sangeres Charlize Berg het hul slag op die skietbaan gewys. “Die reeks gaan stereotipes oor poppies opsyskuif,” het sy vertel.

Wie’s Jou Poppie? begin op Donderdag 18 Mei op VIA (DStv-kanaal 147).