En die wêreld se mooiste vrou is . . . Stephanie del Valle van Puerto Rico. Dié 19-jarige student is Sondagaand in Washington in die Amerikaanse deelstaat Maryland aangewys as die nuwe Mej. Wêreld. Yaritza Miguelina Reyes Ramirez (23) van die Dominikaanse Republiek en Natasha Mannuela (22) van Indonesië is onderskeidelik die eerste en tweede prinses.

A photo posted by Miss World (@missworld) on

Lees ook: Vandag is ’n baie spesiale dag in die lewe van Rolene Strauss Stephanie studeer kommunikasiewese en regte aan ’n universiteit in New York, praat vlot Spaans, Frans en Engels en is boonop ’n kranige musikant. Die voormalige Mej. Wêreld, Mireia Lalaguna (24) van Spanje, het die kroon aan ’n oorstelpte Stephanie oorgegee.

A photo posted by FUZE NG (@fuzengn) on
Stephanie se pienk rok het herinner aan die sagte pienk skepping waarmee die Suid-Afrikaner Rolene Strauss (24) dié gesogte titel in 2014 verower het. Rolene het onlangs die spesiale oomblik herdenk en by ’n foto van haarself op Instagram geskryf sy sal “altyd dankbaar wees vir alles wat ek sedert daardie dag ervaar het en oor hoe fantasties dit was. “Soms wonder ek hoekom al dié seëninge oor my pad kom en voel ek skuldig. Al wat ek kan sê, is dat my hart oorvloei met vreugde, vrede en dankbaarheid.”

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Lees ook: Ons mooi Mej. SA is slaggereed vir Mej. Wêreld! Ntando Kunene (24) van Suid-Afrika het ongelukkig nie daarin geslaag om die eindronde te haal nie, maar het nogtans beeldskoon gelyk.

A photo posted by Ntandoyenkosi (@kunene_ntando) on

Ntando het in Mkhondo by Piet Retief grootgeword en het haar ouers saamgeneem na die geleentheid.

A photo posted by Ntandoyenkosi (@kunene_ntando) on

Ntando se ouers, Christopher en Baby, het vroeër aan Huisgenoot vertel hoe trots hulle op hul dogter is.

“Ek kan nie eens uitdruk hoe trots ek op haar is of hoe ek nog voel nie. As haar ouers sal ons alles moontlik doen om haar te ondersteun en ons sal aanpas by wat die lewe oor haar pad bring,” het Christopher gesê.