Julianne Moore (Still Alice) en Eddie Redmayne (The Theory of Everything) is bekroon as die beste aktrise en die beste akteur.

Die regisseur Alejandro González Iñárritu se Birdman is as beste rolprent aangewys.

Patricia Arquette (Boyhood) en J.K. Simmons (Whiplash) is aangewys as beste vroulike byspeler en beste manlike byspeler.

Die aanbieder van vanjaar se Oscar was die komediant Neil Patrick Harris.

Die regisseur Laura Poitras is bekroon vir Citizenfour, die dokumentêre rolprent oor Edward Snowden wat die Amerikaanse sekerheidsdokumente gelek het.

In die animasierolprent-kategorie het die wenner Big Hero 6 deur Disney verras deur stof in die oë te skop van DreamWorks se How to Train Your Dragon.

Vir 'n volledige lys van die Oscar-wenners,

besoek Channel24 - klik hier.

M-Net wys 'n herhaling van die Oscars vanaand om 19:30.