In ’n heel onverwagse oomblik tydens vanaand se Oscar-seremonie het Hollywood-veteraan Warren Beatty per ongeluk die prys vir beste fliek aan La La Land oorhandig in plaas van die eintlike wenner: Moonlight.

Gelukkig is die verwarring gou uitgestryk en kon die akteurs en vervaardigers van Moonlight die Oscar-verhoog bestyg om hul prys te ontvang.

Vroeër die aand is Emma Stone met die prys as beste aktrise vir haar rol in La La Land vereer. Dié fliek, wat met 14 nominasies gespog het, het eindelik ses pryse gewen. Toe nou nie vir Beste Rolprent ook nie.

Die drama Moontlight het buiten beste rolprent ook die prys vir beste draaiboek (gebaseer op 'n ander se werk) en beste akteur in 'n ondersteunende rol (vir Mahershala Ali) gewen.

Lees ook: KYK: Skitterend in wit – hier’s van ons gunsteling-uitrustings by vanjaar se Oscars!

Casey Affleck het die prys as beste akteur vir sy rol in Manchester by the Sea gewen.

Van die aand se ander groot wenners sluit in Viola Davis vir haar skitterende ondersteunende rol in Fences onder regie van Denzel Washington. So gepraat van regisseurs, Damien Chazelle is amptelik die jongste regisseur nóg om 'n Oscar te wen vir sy werk aan La La Land. Hy is maar net 32.

Zootopia het die prys vir beste animasie gewen en La La Land se City of Stars het die prys vir beste liedjie ontvang. [caption id="attachment_161038" align="alignnone" width="600"]Emma Stone was een van vanaand se groot wenners. Foto: Getty Images. Emma Stone was een van vanaand se groot wenners. Foto: Getty Images.[/caption] Hiermee al vanaand se wenners: