Demi-Leigh Nel-Peters is Sondagaand by Sun City aangewys as die nuwe Mejuffrou Suid-Afrika.

Die donkerkop, wat 'n B.Com-graad in sakestudies van die Noord-Wes Universiteit het, was sigbaar verheug toe die voormalige kroondraer, Ntando Kunene, die gesogte kroon aan haar oorhandig.
Die 21-jarige skoonheid is 'n boorling van die dorpie Sedgefield buite George. Haar ouers woon steeds daar. Demi-Leigh doen ook deeltyds modelwerk en was in 2011 selfs die junior-adjunkburgemeester van George se stadsraad. Sy is glo lief vir vlytkuns en maak graag handgemaakte kaartjies.

A post shared by Gary Rom Hair (@garyromhair) on

Adè van Heerden (25) is as eerste prinses gekroon met Boipelo Mabe (23) wat as tweede prinses aangewys is.