Dié foto is van hul troue verlede Saterdag. As jy dit gemis het, lewe jy seker onder ’n klip.

Kim Kardashian West en Kanye West het die sosialemediawebtuiste Instagram se rekord vir die gewildste foto oortref – sowat 1,92 miljoen mense tot dusver hou van die foto.