Australië is die gelukkigste land ter wêreld.

Die land het Swede en Kanada, wat onderskeidelik die tweede en derde plek beklee, die derde jaar agtereenvolgens om die titel uitgestof. Dis nou na afloop van ’n peiling wat gegrond is op ekonomiese kragte soos gesondheid, inkomstevlakke, werke, behuising en veiligheid.

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling sê op sy webtuiste: “Australië presteer besonder goed in maatstawwe van welstand, soos daaruit blyk dat die land in ’n groot aantal onderwerpe van die Better Life Index onder die top-10 lande is.”

Die top10 gelukkigste lande ter wêreld is:

1. Australië

2. Swede

3. Kanada

4. Noorweë

5. Switserland

6. Amerika

7. Denemarke

8. Nederland

9. Ysland

10. Brittanje