[caption id="attachment_53241" align="aligncenter" width="605"]?????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????? Die komediante Tina Fey en Amy Poehler terg die aanbieder Neil Patrick Harris Picture credit: Elite Photo Agency[/caption]

Verskeie huldigings is gemaak op ’n Emmys-aand wat ongewoon somber was. Die sterre het vertel van Hollywood-bekendes wat in die afgelope jaar oorlede is, en sommige was regtig roerend. Jane Lynch se toespraak oor haar Glee-medester Cory Monteith was aangrypend en ek was mal oor wat Edie Falco oor sy The Sopranos-medester James Gandolfini kwytgeraak het. Maar net toe ek begin lus kry vir ietsie ligters, het die aanbieder Neil Patrick Harris die sang-en-dansnommertjie gelewer wat ek reg aan die begin van die verrigtinge verwag het. En wat ’n heerlike verrassing toe die Castle- en Firefly-ster Nathan Fillion en die komediant Sarah Silverman by hom inval!

Ek moet bieg: Dit was nie my gunsteling-Emmy-aand nie, maar daar was onvergeetlike oomblikke. En hoewel Neil Patrick Harris as aanbieder nie heeltemal aan die verwagting voldoen het nie, was hy vol streke en sal ek hom graag weer as aanbieder wil sien.

Hier is my hoogtepunte:

Draai-terug-en-kyk-weer-oomblik: Die komediante Tina Fey en Amy Poehler wat met hul 3D-brille en monde vol springmielies vir Neil Patrick Harris aangemoedig het om sy broek uit te trek en te “twerk”.

Oulikste aanvaardingstoespraak: Toe Julia Louis-Dreyfus haar toekenning as Beste Hoofrolspeelster in ’n Komediereeks ontvang het vir haar rol in Veep as visepresident Selina Meyer, het Tony Hale (wat die toekenning gekry het as die Beste Byspeler in ’n Komediereeks) ook in karakter na die verhoog gekom as Selina se assistent, Gary. Dit was skreeusnaaks om te sien hoe hy haar handsak vashou en haar herinner wie om te bedank. En haar medester  Anna Chlumsky wat op daardie oomblik in die gehoor – ook in karakter – op haar selfoon sit en SMS’e stuur . . . skreeusnaaks!

Beste toespraak: Dis moeilik om nie versot te wees op Merritt Wever se toespraak na haar aanwysing as Beste Byspeelster in ’n Komediereeks (as Zoey in Nurse Jackie) nie. Wat sê sy? “Baie dankie. Ek moet waai. Tot siens.” Sy het later verduidelik dat sy gespanne was. “Ek wou baie mense bedank het. Ek weet nie . . . Ek was bang omdat dit so onverwags was, so ek weet nog nie hoe ek voel nie. Ek bedoel, ek kry volgende week terapie,” het sy aan EOnline gesê.

Snaaksste toespraak: Michael Douglas wat, nadat hy aangewys is as Beste Hoofrolspeler in ’n Minireeks of Fliek vir sy rol as Liberace in Behind the Candelabra, aan sy medester Matt Damon geskree het: “Matt, jy verdien die helfte hiervan. Wil jy die boonste of die onderste helfte hê?”

[caption id="attachment_53242" align="aligncenter" width="500"]Nathan, Neil and Sarah Nathan Fillion, Neil Patrick Harris en Sarah Silverman doen ’n dansnommertjie.
Picture credit: Chris Pizzello/Invision/AP/AAI/Fotostock SA[/caption]

Hoekom ons meer Nathan Fillion-oomblikke nodig het: Dit was so heerlik toe die Castle-akteur sing “you can’t spell cameo without me”, en toe hy en Sarah Silverman by die aanbieder Neil Patrick Harris aansluit vir wat die akteur van How I Met Your Mother ’n “heeltemal arbitrêre nommertjie in die middel van die aand” genoem het.

Jippie en ag nee: Breaking Bad verdien sy toekenning as Beste Dramareeks, maar dit is ’n raaisel hoekom die ster Bryan Cranston niks gewen het nie. Die vreesaanjaende, hipnotiese bedorwenheid van die siel van Walter White is immers die kruks van die reeks. Jeff Daniels is as Beste Hoofrolspeler in ’n Dramareeks vereer vir sy rol as Will in The Newsroom, wat ook uitstekend is, maar hy kon nie vanjaar by Walter White kers vashou nie.

Bevredigendste toekenning: Dit was wonderlik om te sien hoe Anna Gunn aangewys word as Beste Byspeelster in ’n Dramareeks vir haar rol as Skyler, die eggenoot van Walter White in Breaking Bad. Haar karakter is een van daai wat lekker is om te haat, selfs al is sy nie naastenby so boos soos haar man nie. Anna het ’n insiggewende meningsartikel in The New York Times geskryf oor aanhangers se reaksie op Skyler, I Have a Character Issue.

[caption id="attachment_53243" align="aligncenter" width="614"]TV blog2 LINKS: Die Homeland-akteur Damian Lewis en sy vrou, Helen McCrory. Kyk net sy kaalgeskeerde kop! Picture credit: Elite Photo Agency. REGS: ’n Bebaarde Jon Hamm en sy lewensmaat, Jennifer Westfeldt. Picture credit: Elite Photo Agency[/caption]

Raar maar waar: Damian Lewis het sy kop kaal geskeer (vir sy rol in die Tweede Wêreldoorlog-drama wat verfilm word terwyl Homeland ’n blaaskans neem), en dit het gevoel asof die kameras dit eenvoudig nie kon miskyk nie. En die Mad Men-ster Jon Hamm se wollerige baard (klaarblyklik sy nuwe voorkoms) was ook telkens in die oog.

Die Claire, Olivia, Claire-toekenning: Geluk aan Claire Danes vir haar prys as Beste Hoofrolspeelster in ’n Dramareeks. Ek is mal oor haar vertolking van die CIA-agent Carrie, maar ek het regtig duim vasgehou vir Kerry Washington. Sy is eenvoudig betowerend as Olivia in The Fixer (or Scandal, soos dit in Amerika genoem word).

[caption id="attachment_53244" align="aligncenter" width="600"]??????????????????????????? Claire Danes is aangewys as Beste Aktrise vir haar rol in Homeland Credit: Lester Cohen/Getty Images/Gallo Images[/caption]

Beste span-aktiwiteit: Dit was ’n hoogtepunt om te sien hoe die span van How I Met Your Mother vir Neil Patrick Harris onderbreek weens sy “excessive hosting disorder”, wat behandel moet word by die “Ryan Seacrest Centre for Excessive Hosting”.

Die Kyk, dis Oprah-toekenning: Die benoemings vir Beste Skryfwerk in ’n Verskeidenheidsreeks is bekendgestel met kort video’s, waarna Jimmy Kimmel vir Oprah hul name laat uitroep het en hulle van die skerm gestoot het. Ek het gedink dit was iets ouliks.

Nou is ek gereed om na die komediant Joan Rivers en Kie se snydende kommentaar oor die Emmy-modes te kyk op Fashion Police: The 2013 Primetime Emmy Awards. Dis op Woensdag om 21:00 op E! (kanaal 124).

Natalie Cavernelis

LEES MEER:

En die TV-toekenning gaan aan . . .

Ek kan nie meer wag vir dié reekse nie

Ons wag op die MasterChef-eindronde