Ashton Kutcher is pas aangewys as die bes betaalde TV-akteur ter wêreld. Die tydskrif Forbes het onthul dié ster het tussen Junie verlede jaar en Junie vanjaar R240 miljoen verdien.

Jon Cryer, een van Ashton se medesterre in Two and a Half Men, is tweede op die lys. Hy het in dieselfde tydperk R210 miljoen verdien.

Hier is die 10 topverdieners:

  1. Ashton Kutcher, Two and a Half Men, R240 miljoen
  2. Jon Cryer, Two and a Half Men, R210 miljoen
  3. Ray Romano, Everybody Loves Raymond,R160 miljoen
  4. Neil Patrick Harris, How I Met Your Mother, en Mark Harmon, NCIS, R150 miljoen elk
  5. Patrick Dempsey, Grey’s Anatomy,R130 miljoen
  6. Tim Allen, Last Man Standing, en Angus T. Jones, Two and a Half Men, R110 miljoen
  7. Michael C. Hall, Dexter, en Charlie Sheen, Two and a Half Men, R100 miljoen