Johannesburg –

Jip, jy’t reggelees – die woord van die jaar is die hutsteken.

Lees ook: Taaltameletjie: periodetabel, periodieke tabel of periodiese tabel?

Maar kan dit as ’n woord beskou word?

’n Hutsteken (#), of hashtag, kan beskryf word as ’n logografiese woord wat, soos enige alfabetiese woord, in Afrikaans uitgespreek kan word, op watter wyse dan ook, sê Ernst Kotzé, emeritusprofessor in linguistiek by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

"Dit volg ook 'n nuwe tradisie van woordtipes wat deur die gebruik van elektroniese teks ontstaan het, onder andere piktogramme, soos die emoji ("gesiggie met trane van vreugde"), wat deur Oxford Dictionaries in die VK as hulle woord van 2015 gekies is," het Ernst in ’n verklaring gesê.

Lees ook: Kom vier Huisgenoot se 100ste bestaansjaar

Dit was Lydia Potgieter se voorstel om # die woord van die jaar te maak, en sy het daarmee R1 000 gewen.

Ander woorde op die kortlys was: Studente-opstande, Zunami, Vlugteling, SlimWim, Droogte, Beurtwater, Terreur, Gaydebat, Afrikaans, Kakiebosch, Ekkie, Poenankies, Witgeit, en Hommeltuig.

Bronne: News24, LitNet