Die wenner van dié talentreeks het in ’n epiese eindronde harte gesteel met sy rasperstem.

#TeamKahn se Richard Stirton is Suid-Afrika se eerste The Voice-wenner wat in die proses sowat R200 000 losgeslaan het.
Hutmserke vir die vier afrigters en hul spanne het die afwagting behoorlik opgebou. Kahn Morbee se span is met #TeamKahn aangepor en so het aanhangers hulle gunstelinge in sosiale media aangepor. Lira s'n was #TeamLira, Bobby van Jaarsveld se span #TeamBobby en Karen Zoid s'n was natuurlik niks anders as #TeamKaren nie! Die top vier-deelnemers was #TeamKahn se Richard, #TeamLira se Jeremy Olivier, #TeamBobby se Gavin Edwards en #TeamKaren se Almur Marais. Die vier het The Voice-aanhangers in vervoering gehad met hul laaste optredes.

A video posted by The Voice SA (@voicesa) on

Die program het ongelukkig tydens die finaal tegniese probleme ondervind. Volgens die nuuswebwerf Netwerk24 is die stemme wat tydens die finaal gemaak is, weens dié probleme uitgelaat.

Die wenner is gekies na aanleiding van die sowat 1.5 miljoen stemme wat teen Donderdagaand gemaak is.