“Dit is dol,” het hy gesê nadat die aanbieder, Ryan Seacrest, Woensdag die TV-gehoor se besluit bekendgemaak het.

Caleb (23) van Ashville, Noord-Karolina, en Jena (17) van Farmington Hills, Michigan, het voor die resultate bekendgemaak is aan mekaar gesê: “You da bomb.”

Jena kry wel ’n troosprys: Caleb gaan haar na haar matriekafskeid vergesel, het Ryan gesê.

Ryan het nie die getal stemme onthul nie; dis gedoen toe die program groot kykertalle gelok het en ’n indrukwekkende getal stemme gekry het.

American Idol, wat lank die gewildste TV-program was, is steeds redelik suksesvol en steeds in die top-20.

Caleb se oorwinning is te danke aan sy sterk uitvoerings Dinsdag van die liedjies Dream On, Maybe I’m Amazed en As Long as You Love Me, wat ook sy eerste enkelsnit gaan wees. Jena het Dog Days are Over, Can’t Help Falling in Love en We Are One gesing.

As die seisoen se wenner gaan Caleb ’n platekontrak kry.

Die twee uur lange slotaflewering het optredes van John Legend, Kiss, Demi Lovato en Lady Antebellum ingesluit. Die beoordelaars Jennifer Lopez, Keith Urban en Harry Connick jr. het ook opgetree, terwyl Randy Jackson ook ’n verskyning gemaak het.

Selfs Ryan het dit agter die mikrofoon gewaag, en het bewys hy is ’n goeie aanbieder sowel as ’n sanger. Hy het saam met Richard Marx Right Here Waiting uitgevoer.

NBC se sangkompetisie The Voice, wat American Idol nou met kykertalle klop, het sterk gesteun op die trekkrag van sy stermentors.

Fox het erken American Idol se gloriedae is verby, en het gesê hy sou heel waarskynlik in die volgende seisoen ná die oudisies die program een aand per week uitsaai pleks van twee.

Die program, wat tydens die 2005/6-seisoen 30,3 miljoen kykers gelok het, het vanjaar minder as 10 miljoen kykers gelok.

Die program was die wegspringplek vir sterre soos Carrie Underwood en Jennifer Hudson.

- Lynn Elber/Sapa