André Borschberg en Bertrand Picard het hul sonaangedrewe reis op 8 Maart 2015 begin om volhoudbare energie te bevorder en aan die wêreld te bewys wat tegnologies moontlik is.

"Ontdek nuwe maniere van dink en doen, om die onmoontlike te bereik" — Si2

A photo posted by Solar Impulse (@solarimpulse) on

In Julie 2015 het die twee vlieëniers ’n vlugrekord opgestel toe hulle ononderbroke vir vier dae, 21 uur en 15 minute van Nagoya in Japan tot in Hawaii gevlieg het. Dit is tot nou die die langste  solo-vlug nog ooit onderneem. Twee vlieëniers, agt jaar se navorsing, ontwerp en konstruksie is ingespan in die poging om dag en nag te vlieg - sonder ’n druppel brandstof.

A photo posted by Solar Impulse (@solarimpulse) on

"Solar Impulse was nie gebou om passasiers te vervoer nie, maar om ’n boodskap uit te dra" — Bertrand Piccard

A photo posted by Solar Impulse (@solarimpulse) on

Die vlug was nie sonder meer as genoeg spanning nie. Solar Impulse 2, in kort Si2, se lang verblyf in Hawaii was nie te wyte aan die wonderlike branders en vakansie-atmosfeer nie.

Dit was oorverhitte batterye wat die Solar Impulse 2 se vlerke spreekwoordelik geknip het. Maar hou in gedagte dat hierdie batterye nie jou alledaagse 12 V-batterye is nie.

Die vliegtuig steun op vier batterye wat deur die sonpanele op die reuse vlerke monteer is. Dit beslaan byna ’n kwart van die vliegtuig se gewig.

A photo posted by Solar Impulse (@solarimpulse) on

 

Kitsfeite oor Solar Impulse 2

1. Die vervaardigers van die vliegtuig bestempel dit as ’n vlieënde laboratorium. 2. Sy vlerkspan wat langer as die Boeing 747 s’n. Maar dis waar die ooreenkoms ophou. 3. ’n Leë Boeing weeg sowat nagenoeg 180 000 kg. Si2 weeg ’n skrale 2 300 kg. 4. 17 248 ultra-doeltreffende sonpanele is verantwoordelik vir die energie wat deur die vier batterye na die vliegtuigskroewe gevoer word. 5. Die gemiddelde spoed word op 45 km per uur gereken. Maar dit kan verdubbel bedags wanneer sonstrale sterker is. 6. Die twee vlieëniers beoog om maksimum 20 minute op ’n keer te rus, en dié rusposes 12 keer vir elke 24 uur te neem. Daar is geen lopende water aan boord nie. 7. Slim vesels wat deel van die vlieërspakke is, verseker stabiele liggaamstemperatuur vir die twee manne.

Volg Si2 se vlug regstreeks hier.

Bronne: youthconnect.in, theverge.com, swissinfo.ch, rediff.com

Psst...so gepraat van vlieg:

Het jy al jou kaartjies bespreek vir Gateway to Space: Die uitstalling? Gaan loer hier vir ’n agter-die-skerms-kykie en bespreek vandag nog jou kaarjie by Computicket.

GTS colour on black HG

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk net watter Backstreet Boys-lid is die eerste keer pappa!

Ma pleit om hulp vir siek dogter: ‘Dokters het nie meer antwoorde nie’

Sterlopers se Willem Botha reg vir 30 en mal oor sy vriende se verspotte verjaardaggeskenk aan hom

Pragfoto’s: Al die mylpale, prag en praal van Koningin Elizabeth se nege dekades op aarde

Kyk: Aletté-Johanni Winckler deel ’n roerende video wat jou weer hoop sal gee